Rensje Annandale
Stigter & Hoof
Heinrich Annandale
Algemene Bestuurder, Rensje se Persoonlike Assistent
Ek het nog altyd 'n hart vir jong kinders gehad. Terwyl ek opvoedkundige sielkunde gestudeer het, het ek gefassineer geraak deur hoe klein breintjies leer, ontwikkel en die wêreld ervaar. Ek het vroeg al geweet dat werk met kinders is waar ek hoort.
In 2013 het Heinrich en ek van Pretoria na Kaapstad verhuis. Ek het begin om opvoedkundige ontwikkelingsklasse vir jong kinders aan te bied en het vinnig besef dat ek daagliks deel wil wees van hul groei. Ek het gedroom daarvan om 'n plek te skep waar kinders veilig en geliefd kan voel, deur spel kan leer en kan groei tot hul Godgegewe potensiaal.
Ek wou ook hê dat Jesus die hart daarvan moes wees, 'n plek waar kinders van God sou leer en waar vriendelikheid, eerlikheid, respek en liefde vir ander eenvoudig deel van die alledaagse lewe sou wees.
Heinrich was ook gereed vir iets nuuts ná baie jare in korporatiewe bemarking en winkelsentrumbestuur. Ons is al baie jare lede van die Doxa-Deo kerkfamilie en een aand, om 'n braai met die Pastoor, het ons begin praat oor die kerkgeriewe by Doxa Deo Langeberg wat gedurende die week stil gestaan het. Ons het ons daardie klaskamers vol kinders, gelag en leer voorgestel.
In 2015, is Speel-Speel Slim gebore, met net elf kinders en twee onderwysers. Soos die skool gegroei het, het ons gesin ook gegroei. Ons seuntjie is in 2019 gebore en het op sewe maande oud by Speel-Speel Slim aangesluit ná die COVID inperking. Ons dogterjie het in 2023 gebore en is vandag steeds deel van die skool. Deur ons eie kinders hier te hê, het ons 'n selfs dieper begrip gekry van hoeveel vertroue dit verg vir 'n ouer om hul kind in iemand anders se sorg te plaas.
Vandag het ons klein Skool gegroei tot 'n groot familie van kinders en 18 wonderlike personeellede. Heinrich sê altyd dat ek die hart van Speel-Speel Slim is en hy die kop. Ek fokus op die kinders, hul ontwikkeling en leer, terwyl hy alles agter die skerms laat glad verloop. Saam met ons wonderlike span leef ons die droom wat al daardie jare gelede begin het.
Deur al die groei en verandering het dit wat ons vir ons kinders wil hê eenvoudig gebly: dat hulle veilig en geliefd voel. Dat hulle die vryheid het om te speel, te leer en te groei, en bowenal dat hulle weet hoe diep hulle deur God liefgehad word.
Rensje Annandale, Stigter & Hoof
Christelike waardes is die hart van alles wat ons doen.
Elke kind is veilig en versorg.
Kleintjies leer die beste deur te speel.
Ons help elke kind groei op sy of haar eie tempo.
Ons koester elke kind deur speelgebaseerde leer gegrond op Christelike waardes. In 'n sorgsame, tweetalige omgewing werk ons gekwalifiseerde span saam met ouers om elke kind met selfvertroue en vreugde vir groot skool voor te berei.
'n Plek waar elke kind groei tot 'n selfversekerde, vriendelike en nuuskierige klein mensie, gereed om die toekoms met vreugde in hulle harte in te gaan.
Ware stories van die gesinne wat hierdie reis saam met ons gestap het.
“Soos ons kinders aanbeweeg na die volgende hoofstuk van hul akademiese reis, neem hulle nie net die kennis saam wat julle oorgedra het nie, maar ook die waardes en lesse wat hulle onder julle leiding gevorm het. Julle toewyding en passie het 'n ongelooflike merk op hul harte gelaat, en daarvoor is ons ewig dankbaar.”
“Ons stap al 6 jaar 'n pad saam met Speel-Speel Slim en is so dankbaar vir die liefde, sorg en onderrig wat ons kinders deur die jare ontvang het. Die personeel het regtig soos familie geword en ons kinders word uitstekend voorberei vir die volgende hoofstuk. Ek beveel Speel-Speel Slim van harte aan!”
“Ons seuntjie Riley is van 10 maande oud af by Speel-Speel Slim. Sy ontwikkeling en groei wat ons deur die jare ervaar het, is onmeetbaar. Die liefde van elke personeellid van die Uiltjie tot die Leeutjie klas sal ons altyd koester. Speel-Speel Slim is beslis die beste fondasie vir enige kind.”
“Ons het SSS na 5 jaar in 2022 gegroet. As 'n ouer reflekteer 'n mens mos maar gereeld nadat elke hoofstuk afloop en wonder of jy die regte besluit namens jou kinders geneem het. In retrospek sou ons 'n paar dinge anders gedoen het, maar SSS is beslis nie een daarvan nie. Julle het die lang dae korter gemaak en gehelp om herinneringe te skep wat vir ewig sal hou. Ons dogters het nou al oordentlik hulle voete in die laerskool gevind, maar SSS sal altyd een van die veilige tuistes op hulle lewenspad bly. Vir altyd trotse SSS alumni!”